Produksie-assistent (Tonnelspan)

Ons is op soek na ʼn ervare en hoogs gemotiveerde Produksie-assistent om by die Babylonstoren-span aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal saam met die tonnelspan werk om daaglikse onderhoudstake te verrig.

Vereistes:

· ʼn Voltooide Nasionale Senior Sertifikaatkwalifikasie (matriek/ graad 12).

· Ten minste twee jaar se praktiese ondervinding.

· Vermoë om gemaklik in ʼn span te werk en hoë standaarde te handhaaf.

· Uitstekende interpersoonlike vaardighede.

· Goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).

· Goed georganiseerd.

· Moet ʼn voorliefde vir inheemse plante en respek vir die natuur hê.

Verantwoordelikhede:

· Oes produkte.

· Plant, basiese onderhoud, oplei en snoei van gewasse.

· Spuit gewasse.

· Bestuur ’n trekker.

· Basiese onderhoud van tonnels.

Aansoeke kan via die aanlyn aansoekportaal ingedien word: https://babylonstoren.breezy.hr/