Algemene Bestuurder: Gasvryheid
(The Story of Emily-besienswaardigheid, Verenigde Koninkryk)
The Story of Emily in Cornwall – ’n erfenisbesienswaardigheid en kulturele bestemming van nasionale belang – is deel van die Babylonstoren- en The Newt-groep. Die Algemene Bestuurder sal verantwoordelik wees vir oorkoepelende leierskap, prestasie, volhoubaarheid en die openbare beeld van die besigheid. Hierdie is ’n senior leierskapsrol wat die volgende omvat: kommersiële bestuur, erfenisrentmeesterskap, uitnemendheid t.o.v. gasvryheid en gemeenskapsverteenwoordiging.
Doel van die rol
Om leiding te neem en The Story of Emily as ’n volhoubare erfenis- en gasvryheidsbesigheid van hoogstaande gehalte daar te stel, terwyl die kulturele missie, finansiële prestasie en langtermyngroei deur middel van sterk strategie, gedissiplineerde uitvoering en uitstekende menseleierskap bewerkstellig word.
Vereistes en Verantwoordelikhede
Moet oor ’n toepaslike B-graad beskik.
1. Strategie, Beplanning & Lewering
• Neem leiding in die skepping en lewering van die perseel se strategie by wyse van die jaarlikse besigheidsbeplanning en begrotingsproses.
• Verwoord langtermyndoelstellings as duidelike bedryfsplanne, kapitaalprogramme en inisiatiewe vir groei.
• Sien toe dat alle departemente in ooreenstemming is met die ooreengekome besigheidsplan en prestasiemikpunte.
2. Finansiële Leierskap & Goeie Korporatiewe Bestuur
• Volle eienaarskap van die perseel se wins-en-verlies-staat, waaronder inkomste, kostebeheer, marge en beleggingsbesluite.
• Sien toe dat besluite binne die raamwerk van goeie finansiële bestuur, risikobestuur en aanspreeklikheid geneem word.
• Toesig oor prysbepaling, personeelvoorsieningsmodelle en kapitaalbelegging om langtermynvolhoubaarheid te maksimeer.
3. Werksaamhede & Gaste-ervaring
• Oorkoepelende leierskap oor alle werksaamhede op die perseel, met inbegrip van:
o Besoekerervaring (Rectory, War Rooms, uitstallings, gasheerskap)
o Restaurant, kleinhandel en funksies
o Gronde, tuine en voorkoms van die landgoed
o Tegniese en uitstallingstelsels
• Verseker ’n konsekwent hoë standaard ten opsigte van veiligheid, betroubaarheid, storievertelling en gasvryheid.
4. Eiendom & Verantwoordelikhede van Grondeienaar
• Tree as grondeienaar op vir alle eiendomme op die perseel, met inbegrip van personeelverblyf en huureiendomme.
• Verseker dat daar ten volle voldoen word aan wette en regulasies ten opsigte van:
o Gesondheid & veiligheid
o Gas, elektrisiteit en brandveiligheid
o Verpligtinge rakende verhurings en huurders
o Eiendomsinstandhouding en risikobestuur
5. Menseleierskap, Kultuur & Konflikoplossing
• Lei en ontwikkel die volledige bestuurs- en eerstevlakspan.
• Hanteer geskiloplossing, konflikbestuur en prestasiebestuur ten einde ’n gesonde, respekvolle en produktiewe werkskultuur te handhaaf.
• Bou ’n leierskapspan met hoë onderlinge vertroue wat in staat is om daaglikse werksaamhede vlot te laat verloop sowel as langtermyngroei te bewerkstellig.
6. Verslagdoening aan Belanghebbendes en Aandeelhouers
• Neem eienaarskap van die formele verslagdoeningsproses aan senior belanghebbendes en aandeelhouers.
• Doen duidelik, akkuraat en betyds verslag oor:
o Finansiële prestasie
o Bedryfsgesondheid
o Risiko’s en probleme
o Strategiese vordering
7. Eksterne Verteenwoordiging & Profiel
• Verteenwoordig The Story of Emily by:
o Plaaslike, nasionale en internasionale konferensies
o Funksies en toekenningsgeleenthede
o Gemeenskaps- en erfenisforums
• Lewer voorleggings aan belangegroepe, die media en vennote vir promosie- en opvoedkundige doeleindes.
• Tree op as die openbare gesig van die besienswaardigheid by:
o Plaaslike regering
o Gemeenskapsorganisasies
o Toerismeliggame
o Toekennings en erfenisinstansies 8. Vennootskappe & Reputasie
• Bou en bestuur verhoudings met:
o Plaaslike rade en toerismeorganisasies
o Gemeenskapsgroepe
o Kulturele en erfenisliggame
o Verskaffers, borge en vennote
• Beskerm en verbeter die reputasie, geloofwaardigheid en nasionale profiel van The Story of Emily.
Vergoeding
•’n Mededingende jaarlikse pakket.
•Internasionale reisgeleenthede.
•Skakels na meer besonderhede: https://thenewtinsomerset.com/ & https://babylonstoren.com/